FAQ

Algemeen

Hoe werk AutomatedBinary.com?

“Wanneer u ‘n rekening skep met Automated Binary, kan u die taal en die makelaar kies.
U kies self die instellings vir die outomatiese stelsel. U kan die volgende kies:

Die verstrykings tyd: 60 sekondes, 90 sekondes, 2 minute, ens….
Die bedrag vir elke handelaksie: $5, $10, $20, ens…
Die maksimum hoeveelheid gelyktydige handelaksies: 1-8
Die manier wat die stelsel handel: Klassiek, Martingale of Fibonacci.
Watter markaanwysers die outomatiese stelsel moet gebruik. Daar is ‘n wye verskeidenheid.
Watter bates die outomatiese stelsel mee moet handel.
Sodra hierdie instellings gekies is, laat u net die stelsel toe om outomaties te handel. Die stelsel sal die markaanwysers volg wat u gekies het, en begin handeldryf. U kan dit aanskou soos dit plaasvind, of ‘n paar ander takies afhandel, terugkom en die wins sien wat die outomatiese stelsel behaal het.

Automated Binary bied ook ‘n $50 000 demo rekening om die instellings te kies wat die beste werk vir u sonder die risiko om u eie geld te gebruik. Sodra u ‘n beter begrip het van die stelsel, deponeer u geld en laat die stelsel toe om wins te maak deur die binêre opsies makelaar van u keuse. ”

Hoe sien ek die geskiedenis van die handelaksies?

Onlangse handelaksies en hulle resultate kan gesien word op die Automated Binary webwerf, terwyl die omvattende handel geskiedenis gesien kan word deur in te teken by die binêre opsies makelaar en dan te gaan na die handel geskiedenis. Al die handelaksies en resultate sal daar wees.

Wat kos AutomatedBinary.com?

Automated Binary kan gratis gebruik word. Om wins te maak moet u egter ‘n deposito plaas by een van die voorgestelde Automated Binary makelaars.

Kan Automated Binary op tablette en selfone gebruik word?
Natuurlik! Ons weet dat ‘n groot persentasie van handelaars mobiel is en gebruik dus hulle tablette en selfone. Automated Binary herken wanneer ‘n sellulêre foon gebruik word, en pas gevolglik daarby aan.

Bly AutomatedBinary.com werk terwyl ek van lyn af is?

Vir u eie veiligheid laat ons nie die stelsel toe om handel te dryf terwyl u van lyn af is nie. Die applikasie moet oop bly, maar u kan ander tabs oopmaak om met ander take voort te gaan.

Deponering en Onttrekking

Wat is die minimum bedrag deponeerbaar?

Die minimum bedrag hang normaalweg af van die makelaar wat u kies. Ons het gesien dat die meerderheid van makelaars ‘n minimum deposito van $250 verwag, maar dit wissel.

Wat is die bedrag wat aangeraai word?

Ons stel voor dat u ten minste $500 deponeer om die meeste voordeel te trek uit Automated Binary. Indien u die Martingale of Fibonacci metodes kies, verdubbel die stelsel die verhandelings bedrag indien daar af en toe ‘n verlies is. Deur $500 te deponeer, is daar voldoende voorsiening om seker te maak u maak groot wins.

Hoe onttrek ek my fondse?

Al u winste word hanteer deur die binêre opsies makelaar wat u kies. Automated Binary prosesseer nie deposito’s of onttrekkings nie. U teken in op die makelaar rekening, versoek ‘n onttrekking en voorsien die nodige dokumentasie wat voldoen aan anti-geldwassery regulasies. Die makelaar prosesseer die versoek binne ‘n paar dae, en die geld word in u bankrekening oorbetaal.

Rekening

Hoe maak ek die nodige instellings?

Die instellings tab (settings) word gevind aan die kant van die Automated Binary skerm. Kliek op die tab en u word geneem na ‘n bladsy waar die nodige instellings gemaak kan word. Veranderinge is onmiddelik effektief.

Wat is die beskikbare verstrykings periodes?

Verstrykings periodes wat beskikbaar is:

60 sekondes
90 sekondes
2 minute
3 minute
en 5 minute


Wat is die standaard (default) instellings?

Die standaard instellings is gemik op die minste moontlike risiko. Dit is as volg:

60 sekonde verstrykings tyd
Die minimum handel bedrag van $5
2 gelyktydige markhandelinge
Die Klassieke metode
Alle markaanwysers is aan
Alle bates is beskikbaar vir handel

Kan ek die stelsel eers toets?

Ons is baie gelukkig om aan u die geleentheid te bied om Automated Binary eers te leer ken. Ons bied u ‘n gratis $50 000 demo rekening vir ‘n toetslopie van die stelsel.

Makelaars

Hoe kies ek ‘n binêre opsies makelaar?

Ons het ‘n wye verskeidenheid van makelaars beskikbaar. U kan die resensies van elke makelaar lees op ons webwerf. U kan die een kies wat u land aanvaar, asook die taal van u keuse. Makelaars het verskillende minimum deposito’s en maniere van deponeer. Ons stel voor u kyk eers na elke makelaar se terme en kondisies, om seker te maak dat dit die regte makelaar vir u is.

Hoekom is party makelaars nie beskikbaar nie?

Party makelaars is beperk ten opsigte van die lande van makelaars wat hulle mag aanvaar. Dit is gewoonlik weens lisensieering en regulasies. Ons het egter ‘n wye verskeidenheid en u behoort ‘n makelaar te vind wat perfek is vir u.

Kan ek my bestaande makelaar rekening gebruik?

Weens tegniese redes kan ons nie handelaars toelaat om bestaande makelaars rekeninge te gebruik nie. U sal ‘n nuwe rekening moet oopmaak om Automated Binary te gebruik.